Saturday, June 5, 2010

Wrestlerish en Tidal Waves 3de Junie

Mens sal dink dat as jy na live bands gaan kyk, die enigste ding wat jy hoef te doen, is net eenvoudig te kyk.... Die band moet al die werk doen tipe vibes.... Maar vir my is daar twee goed wat jy kan doen om te contribute by die experience van ’n gig... Die mense saam wie jy gaan en die plek waar jy staan.... Sekere mense sal sê die hoeveelheid drank wat jy consume voor, during en na die tyd.... Maar dis vir my poef, met genoeg drank sal selfs ’n tone deaf Willie nelson met ’n vals kitaar ’n goeie live performance opsit....

Saam wie jy gaan en waar jy staan.... Actually twee eenvoudige goedjies, maar think bout it! Dit maak nie net jou viewing experience beter en lekkerder nie, maar op ’n manier maak dit ook dat jy meer energie vir die band kan exert , as jy happy en gemaklik is, gat hulle vir jou meer terug gee.... Dit was die geval met die gig die 3de Junie 2010 in Tings ’n Times, waar daar baie liefde gegee is en even meer ontvang is. Wrestlerish en Tidal waves het vir ’n senuwee belaaide 7dae voor die world cup crowd gejam, waar hul nie net ou fans weereens impress het nie, maar ook nuwes gemaak, locals wat nog nooit eens van een van die bands gehoor het nie en buitelanders in die vorm van “Messi Messi Messi” skreeuende Argentyne met bloubaard en iewers anders tussen die massa is daar jou tipiese stereotype Germans. Imagine Sven van Dude where’s my car.

Wrestlerish was eerste op. Met perfekte timing waarmee ons gebless is op die aand daag ons daar op met die laaste deel van soundcheck en nie een van die unsuspecting “ons het eintlik gekom vir die aand ete” mense het al besluit om hulle plekke in te neem nie. Schweet, regs langs die amp voor die bassist klink vir my heel legit. Eke staan, meisies gaan badkamer toe, kry ’n paar randoms wat my herken van kampus af as die ou sonder skoene en ’n paar bekende gesigte, Liam Lynch(wat nie net entertaining foto’s neem nie, maar entertaining lyk terwyl hy foto’s neem), die huge bartender met die deeglik toegeruste baard en daai ou wat so skree in Sesling.

Op kom die ouens van Wrestlerish, kap die drumsticks teen mekaar en dadelik is hulle init. Werner doen nie die poef leadsinger ding wat heeltyd voel hy moet tussen elke liedjie praat nie. Drie liedjies in en toe eers announce hul wie hul is, so vlot geoefen al die liedjies vloei so mooi in mekaar in, as jy hulle nie ken nie sal jy dink hulle is besig met ’n Stairway To Heaven remake of iets.



“lets get country in this motherfucker” en almal is op hulle voet, niemand kan die stoute acoustic riff van Oliver Tambourine weerstaan nie, veral nie as hulle onlangs ’n video op MK release het vir hierdie badboy, dit maak dat almal saam sing met die catchy chorus “coz you should speak your mind, then I could be a nicer guuuuyyyee, if I tryyyyyyee”. Van hier af isit die homestraight, asof hulle nou al hulle B-sides agter die blad het en nou kan oopmaak. Die klaverman staan op ’n stadium op en gat bliksem saam met die drummer sy floortom, iets wat jy nie gewoonlik sien nie, ma so mooi is. Teen hierdie tyd is daar niks keer nie en almal weet wat kom volgende. Bad News is altyd die showstopper en vanaand was niks anders nie “baby your bad news, I don’t trust myself with you” is believed om al ’n paar mense laid te kry. ’n Achievement waarop eke dink jy as songwriter kan trots wees!



Dit het nie lank gevat vir hulle om almal te kry lat hulle sway op die country indie folk rockerig vibe waarvoor hulle bekendstaan. ’n Mixture van goeie vocals, stoute falsetto, solid drums, nie oordonerende maar accompanying klawers(imagine twee kids wat hand aan hand huppel ini veld) en kreatiewe basslines werk excellent saam. Volgens my is hierdie ouens nog steeds een van die mees under-rated bands in SA en dis ’n mal treat om hulle te gat kyk everytime. As Wrestlerish ’n restaurant was, sou hulle Bravo’s Pizzeria gewees het.



Volgende op is meesters van die underground , die band wat seker al in elke venue in SA en ook nou baie amper abroad al opgetree het of gee hul net ’n week dans hul daar. Hulle word genoem die ‘hardest working band in SA’ en dit kom deur in hulle epic connectedness op stage, jy kan sien hierdie ouens ken mekaar, deur die ingewikkelde pentatonic scales, deur die hoërskool dae, deur die endless ure se touring op busse en soms treine. Hierdie ouens is ’n band soos min.



’n Siek lang sound check en ’n intro wat arena bands van die 80s sal laat skaam kry later begin Tidal Waves die mense se breine en cultural diversity breek een staccato reggae kitaar strum na die ander. Pam tsk pam tsk pam tsk...Hier word daar plek gemaak sodat die kort swart meisie kan voor staan.. . Pam tsk pam tsk pam tsk. Hier klim ’n ou met ’n Angus Buchan hoed opi dansvloer. Pam tsk pam tsk pam tsk. Daar ini hoek party een vuilkop rasta saam met..... Whoa, wag, isit peeps van Argentinië daai..... AWESOME! Tidal Waves is die antwoord vir ’n SA vol Eugenne Terre’blanche’e en Julius Malema’s, Tidal Waves is wat ons nodig het.



Op die tweede song kak Zakes die soundguy uit mid-song en van daar af is daar nie meer technical probleempies nie. Die mense wat al by ’n Tidal Waves gig was ken al die call-response vibes van “Original music for original people” en die nuwe gesiggies se ogies glinster met opgewondenheid, hoe into hierdie show is die mense nie. “Uh huh, wag vir Leke Leke Dans” dink eke by myself. Om ’n newby by so ’n gig te wees het verseker sy voordele en eke word teruggeneem na die eerste keer toe eke hulle by Koppi Wildcard gesien het. Zakes het daai aand besluit om te stage-dive en nie die distance van die crowd reg geskat nie, kop eerste bliksem hy in die metal barriers in, nie naby die eerste linies nie. Daai aand het eke vir myself gesê, as iemand bereid is om soveel in te sit sonder om enige iets terug te verwag. Vir so ’n band sal eke elke liewe Pretoria show gat kyk. En eke het, sover eke weet!

Die vibe is undeniable en mense brush teen mekaar orals, party aspris ander per ongeluk. Ma niemand gee ’n flip nie. Jou bene luister nie vir jou nie, dis eerder asof die great Bob Marley homself van onder uit die grond uit reach en dit vir jou sway van een kant na die ander, met ’n kinky kop knak so nou en dan ook. Reggae het daai effek, daai lekker effek, daai eke wil net ophou my hare was en los totdat dit soos ’n pynappel lyk, bruin overalls begin dra getooi met rooi, groen, swart en geel en my eie groente tuin in my backyard laat spruit. Tidal Waves het hierdie effek!



Die liedjies bly epic en die mense bly brush, die lirieke is socially conscious en soms ook polities georiënteerd. Die probleem van geld kry goeie aandag en vir ’n oomblik lyk elke band-member soos ’n ervare dominee wat preek teen die poef goed in ons samelewing en hoe hoop net alles gaan beter maak, maar lekker dominees, wat nie noodwendig preek omdat hulle moet nie, maar omdat dit hulle passie is.



Leke leke dans is die laaste enetjie en teen hierdie tyd is die Argentyne in die hoek papnat gesweet en eke sweer hulle het besluit om SA toe te trek, hulle gan nie ’n probleem hê met die weer nie though. Wanneer Zakes stop om te sê “nou weet julle wat mense” skree die crowd kliphard vir ’n encore. “Die song is nogie kla nie bra, word jy net vir my rustig”, maar eke verstaan waardeur hulle gaan. Jy wil net nooit hê hierdie ouens moet ophou jam nie!

Na Leke Leke Dans sê Sammy, die drummer vir die crowd as hulle nog soek moet hulle gaan request op Tuks Fm, maar die crowd wili in hul karre gan sit nie nee papa, hulle wil nog sweet en skree en vergeet dat die persoon wat hulle besig is om te omhels actually in ’n shack in Mamelodi bly. Sammy raak nogal filosofies tussen songs ook, ’n wyse man daai hoor! Hulle eindig hulle set met “Money is a problem for the rich and poor, money is a problem bla bla bla bla..... Its f#*@ing the world..... It’s WHAT.... It’s F@*&ING THE WORLD!” Sien, wyse goed. In die middel van die liedjie ruk Zakes ’n Vuvuzela uit, pragtig versier met ’n SA vlag en mens kan sien dit is sewe dae voor die World Cup. Die massa gaan bos, hulle sou nie eers so crazy gegaan het as hulle free CD’s vir almal uitgedeel het nie, eke sweer, maar bring net daai vuvu en jy kan almal se hoop en passie sien vir hierdie event waarna ons as land so baie uitsien.... Die Argentyne dink eke het nog meer uitgefreak, hulle gaan tekere soos ’n paar meisies by ’n Backstreet Boys ’nSync en Britney threeway concert in 1999..... Dis net kameras en skree en kameras en hi-fives en drank en kameras en Spanish.
’n Goeie image wat eke wil saamvat na ’n aand wat net soveel grense gebreek het soos die mighty vuvuzela self.

As die Soccer verby is, en almal se Vuvu’s word gereduseer tot kaggelkak en daai vlaggie wat op jou side view mirror sit word ’n coaster bly daar ten minste nog een ding wat ons as ’n diverse nasie unite. Bands soos Tidal Waves sal aangaan om mense bymekaar te bring in harmonie vanaf Klerksdorp tot Kenhardt. Bless julle harte.

***vrede harmonie blomme ballonne***


Foto's te danke aan Tehillah Uys http://twitter.com/tehilauys


Ons na die tyd met Sammy, blykbaar is hulle binnekort oppad China toe vit n toer, enjoy.... Tehilliah en Skillie links.

Friday, June 4, 2010

As jy nie groei nie gat jy dooi.... Eet jou pappies!!!

Voor jy hierdie lees, gaan google Mice Parade se liedjie Double Dolphins On The Nickel en laat hy dreun in die background.... It's worth it!!

So eke is ’n teologie student wat by Tuks FM werk terwyl eke dit try juggle om kinderkerk te gee op Sondae en ’n mentor wees vir onderskeidelik ’n eerstejaar en ’n st8 dame inwoner van Affies se meisies koshuis, eke het ook onlangs ’n gig gekry by Eloffsdal NG Gemeente wat eke net basically gat doen waarmee hulle dink eke goed is in... Kinders...... Eke slaan ’n exciting patch in my lewe wat voorheen net min of meer consist het van laat slaap, nie klas toe gan nie en so min as moontlik te doen terwyl eke my lewe gededicate het vir slegs een persoon.... Die sudden change? Wel, mense wat my inspireer.

Mens perform net so goed soos die mense wat jy toelaat om daagliks ’n invloed op jou insides te hê. Met ’n vriend soos Skillie Jacques Botha met wie eke onlangs baie close geword het, het dinge vir my drasties verander. Op ’n manier het hy my wakker gemaak vir die leefstyl, om iets te doen met my lewe. Om nie net myself oop te maak om geïnspireer te word deur mense nie, maar ook om die inspirasie te wees. Daar is orals sulke mense, Skil is nie die enigste ene nie, maar hy was die katalisator in my verhaal. Almal het so iemand nodig, iemand om jou ogies vir jou oop te maak.... Funny dit het vir my van iemand af gekom wie ek vir jare lank as ’n bedreiging gesien het. Iemand vir wie ek nie wou lief wees nie, want dis too close to home en net makliker is om te ignoreer.

Comfort zones, selfsugtigheid, favoritism, stagnering. Al hierdie dinge maak dat mens nie kan groei nie. Groei is poen belangrik, eke is amper oortuig dat groei alles is.

Nou vir iemand soos eke om die keyboard op te tel en my eie opinies op ’n wit en swart Word document neer te sit is groot, hierdie is nuut vir my en eke is opgewonde om hierdie wêreld te betree. Eke skryf soos ’n noobcake, eke weet, maar then again praat eke ok soos een en eke skryf net soos eke praat, so hou op huil. Iemand wys het eenmaal gesê “grammar is relevant to personality”. Niemand kan jou judge op die woorde wat jy kies om jou gevoelens oor te dra nie, dis immers JOU gevoelens.

Eke wil jou uitnooi na my blog op en hierdie nuwe vibes wat eke gat uit try... Hopelik raak eke beter met tyd, hopelik groei eke en hopelik maak eke dit vir jou moontlik om te groei, of hopelik inspireer eke jou ten minste net ’n bietjie, hopelik kry jy dit reg om jou hart oop te maak vir meer dinge, vir meer mense Dis immers waaroor dit gan.

Fanx Skilman dat jy my oë oop gemaak het, dat jy my hart laat groei het. En die ander van julle, fanx dat julle nou ook deel van my lewe is....
Oh en eke gat die comrades in 2011 kaalvoet hardloop.... Checkit uit!

***vrede harmonie blomme ballonne***