Friday, June 4, 2010

As jy nie groei nie gat jy dooi.... Eet jou pappies!!!

Voor jy hierdie lees, gaan google Mice Parade se liedjie Double Dolphins On The Nickel en laat hy dreun in die background.... It's worth it!!

So eke is ’n teologie student wat by Tuks FM werk terwyl eke dit try juggle om kinderkerk te gee op Sondae en ’n mentor wees vir onderskeidelik ’n eerstejaar en ’n st8 dame inwoner van Affies se meisies koshuis, eke het ook onlangs ’n gig gekry by Eloffsdal NG Gemeente wat eke net basically gat doen waarmee hulle dink eke goed is in... Kinders...... Eke slaan ’n exciting patch in my lewe wat voorheen net min of meer consist het van laat slaap, nie klas toe gan nie en so min as moontlik te doen terwyl eke my lewe gededicate het vir slegs een persoon.... Die sudden change? Wel, mense wat my inspireer.

Mens perform net so goed soos die mense wat jy toelaat om daagliks ’n invloed op jou insides te hê. Met ’n vriend soos Skillie Jacques Botha met wie eke onlangs baie close geword het, het dinge vir my drasties verander. Op ’n manier het hy my wakker gemaak vir die leefstyl, om iets te doen met my lewe. Om nie net myself oop te maak om geïnspireer te word deur mense nie, maar ook om die inspirasie te wees. Daar is orals sulke mense, Skil is nie die enigste ene nie, maar hy was die katalisator in my verhaal. Almal het so iemand nodig, iemand om jou ogies vir jou oop te maak.... Funny dit het vir my van iemand af gekom wie ek vir jare lank as ’n bedreiging gesien het. Iemand vir wie ek nie wou lief wees nie, want dis too close to home en net makliker is om te ignoreer.

Comfort zones, selfsugtigheid, favoritism, stagnering. Al hierdie dinge maak dat mens nie kan groei nie. Groei is poen belangrik, eke is amper oortuig dat groei alles is.

Nou vir iemand soos eke om die keyboard op te tel en my eie opinies op ’n wit en swart Word document neer te sit is groot, hierdie is nuut vir my en eke is opgewonde om hierdie wêreld te betree. Eke skryf soos ’n noobcake, eke weet, maar then again praat eke ok soos een en eke skryf net soos eke praat, so hou op huil. Iemand wys het eenmaal gesê “grammar is relevant to personality”. Niemand kan jou judge op die woorde wat jy kies om jou gevoelens oor te dra nie, dis immers JOU gevoelens.

Eke wil jou uitnooi na my blog op en hierdie nuwe vibes wat eke gat uit try... Hopelik raak eke beter met tyd, hopelik groei eke en hopelik maak eke dit vir jou moontlik om te groei, of hopelik inspireer eke jou ten minste net ’n bietjie, hopelik kry jy dit reg om jou hart oop te maak vir meer dinge, vir meer mense Dis immers waaroor dit gan.

Fanx Skilman dat jy my oë oop gemaak het, dat jy my hart laat groei het. En die ander van julle, fanx dat julle nou ook deel van my lewe is....
Oh en eke gat die comrades in 2011 kaalvoet hardloop.... Checkit uit!

***vrede harmonie blomme ballonne***

No comments:

Post a Comment